Meer oor ons

Ons Christelike Roeping

Huppelkind se vroeë karakter- en kinderontwikkelingsprogram is onbeskaamd Christelik en rig ons daaglikse lewenswyse op Christelike beginsels.

ONDERRIG IN MOEDERTAAL

Huppelkinders word in hul moedertaal onderrig om ‘n veilige, geborge ruimte te skep waarin hulle hul ontdekkings- en ervaringswêreld ten volle kan geniet.

OORSPRONG EN VERBINTENIS

Huppelkind Dagsorgsentrum, gestig deur die OMR in 2015, is ‘n onafhanklike afdeling van Orania CVO-skool en ‘n kerndeel van die gemeenskap.

By Huppelkind Dagsorgsentrum fokus ons op:

Betroubare versorging

en die vestiging van goeie gewoontes en roetines.

Spontane speel en leer

asook bewegingsontwikkeling onder leiding van arbeidsterapeute.

Emosionele gesondheid

Kinders se emosionele welsyn word voortdurend gemonitor.

Musiek en kreatiwiteit

Musiek vir beginners bevorder emosionele en intellektuele ontwikkeling, wat kinders inspireer om die wêreld met ondersoekende oë te benader.

Sensoriese en taalvaardighede

Deur ons unieke karakter- en kinderontwikkelingsprogram kry kinders die geleentheid om hul taal, musiek, gesyferdheid en sensoriese vaardighede te ontwikkel.

Maaltye en verversings

Maaltye, van ontbytpap tot middagverversings, word elke twee uur bedien om kinders se bloedsuikervlakke konstant te hou.

Ons leer gesonde eetgewoontes aan deur regte porsiegroottes. Oormatige eet en suiker- of suiwelprodukte word ontmoedig. Kinders drink water, rooibostee, of drinco-pop, en geniet soms bederfies soos Franse broodjies of plaatkoekies. Middagetes bevat dikwels slaai en groente.

Kultuur en Tradisie

Huppelkinders word gereeld blootgestel aan kultuuraktiwiteite en ontwikkel op ‘n genotvolle wyse ‘n liefde daarvoor.

Spesiale dae is natuurlik ons Orania vakansiedae en om Heldedag te vier en ‘n skrywe in die TYDKAPSULE houtkassie weg te sluit is niks minder as ‘n opwindende avontuur nie!

Aktiwiteite sluit in:

Leuse

Trippel trippel deur die grassies,

Huppel huppel oor die plassies!

Geen uitdaging is ooit vir ons te groot nie,

Ons glo onwrikbaar, die onmoontlike is ook moontlik!

Kultuur en Tradisie

Huppelkinders word gereeld blootgestel aan kultuuraktiwiteite en ontwikkel op ‘n genotvolle wyse ‘n liefde daarvoor.

Spesiale dae is natuurlik ons Orania vakansiedae en om Heldedag te vier en ‘n skrywe in die TYDKAPSULE houtkassie weg te sluit is niks minder as ‘n opwindende avontuur nie!

Aktiwiteite sluit in:

Leuse

Trippel trippel deur die grassies,

Huppel huppel oor die plassies!

Geen uitdaging is ooit vir ons te groot nie,

Ons glo onwrikbaar, die onmoontlike is ook moontlik!

Geen uitdaging is ooit vir ons te groot nie,

Ons glo onwrikbaar, die onmoontlike is ook

moontlik!

Die vyf fokuspunte

van Huppelkind se beste maats, Sebastiaan en Magriet:

Huppelend, vrolik en oë gerig na bo.

Sensoriese blootstelling en bewegingsontwikkeling.

Emosionele gesondheid.

Musiekontwikkeling

Moedertaalonderrig

Huppelend,

vrolik en oë gerig na bo.

Sensoriese blootstelling en

bewegingsontwikkeling.

Emosionele gesondheid.

Musiekontwikkeling

Moedertaalonderrig

“Alle kindertjies van Orania  –  van sit en staan kom níks gedaan.

Trek op julle moutjies, wikkel julle boudjies, daar is werk om te doen! Hiep-hiep, hoera!”

is die woorde wat Huppelkinders op ‘n Vrydag sê net voordat hulle by die ‘saalbyeenkoms’ uitstap.  Hierdie bly nie net woorde nie, hier by Huppelkind word dit ‘n werklikheid en VERAL in 2025 waar ons sommer in ‘n ander, vinniger rat funksioneer.

Bo en behalwe dat Huppelkinders onbeskaamd Christelik in hulle lewenswyse hier grootgemaak word, gebeur dit in ons eie pragtige en suiwer moedertaal!  Buiten goeie gewoontes en roetine wat aangeleer word, sensoriese blootstelling en fokus op emosionele gesondheid, kry elke Huppelkind op weeklikse basis blootstelling aan beweging- en musiekontwikkeling deur kundiges uit ons eie gemeenskap.

Al bogenoemde punte waarop ons hier by Huppelkind fokus word eersdaags in ‘n sgraffito-beeld (deur ons eie tannie Cornelia Holm ontwerp) bekendgestel  –  haar grootste kunswerk nog by Huppelkind.