Visie & Missie

Ons visie

Ons visie is dat Huppelkind dagsorgsentrum ‘n volhoubare sentrum vir die opkomende geslagte sal wees. ‘n Sentrum waar karakterontwikkeling voorkeur sal geniet en die jong kind gelei word om ‘n gebalanseerde uitkyk op die groter wêreld te hê. Sodoende kan Huppelkinders ‘n sinvolle bydrae lewer tot voordeel van die gemeenskap waarin hul as volwassenes woon en werk.

Ons missie

1

Huppelkind dagsorgsentrum skep ‘n veilige omgewing vir die Huppelkinders waar hul daagliks met omgee, respek en verantwoordelikheid versorg kan word.

2

Huppelkind dagsorgsentrum se vroeë karakter- en kinderontwikkelingsprogram rus die Huppelkinders toe deur hul sodoende bloot te stel aan aktiwiteite wat lei tot ontdekking en ervaring. Huppelkinders word speel-speel gereed gemaak vir meer formele skoolgaan.

3

Huppelkind dagsorgsentrum poog om indien daar skolastiese uitvalle by die jonger kind is, dit te identifiseer. Kundiges bv. arbeidsterapeute word betrek en op ‘n informele wyse geskied deurlopende hulpverlening.

4

Met die gebruik van ons eie karakterwaarde program streef ons daarna om deur ons voorbeeld en leiding ons huppelkinders met hierdie eienskappe toe te rus om tot volwassenes te ontwikkel wat ‘n gebalanseerde uitkyk en ‘n sinvolle bydrae in hul direkte gemeenskap en in hul land uitleef.