Musiek

Die Huppelkinders word deur die vroeë karakter- en kinderontwikkelingsprogram blootgestel aan musiekbeluistering én beweging met musiek.

Kinders leer ‘n waardering vir musiek en word blootgestel aan die unieke en spesiaal gekomponeerde musiekstukke vir elke karakterdier van die Huppelkind karakterprogram.

Maandae, Woensdae en Vrydae sing en beweeg die Huppelkinders saam met gewyde/volkspele/vrolike klaviermusiek tydens die saalbyeenkomste.

Karoo Klanke en Klingels

Beide Christelle de Villiers en Ciska de Wet is tans voltyds betrokke by Karoo Klanke en Klingels musieksentrum.

Hul het hul musiekkwalifikasies deur UNISA verwerf.

Vanaf 3 maande oue ouderdom sal die Huppelkinders die voorreg hê om uit hierdie bekwame dames se kundigheid hul musikale talent te ontwikkel.

Die positiewe bydrae wat dit behoort te hê met hul toekomstige skolastiese vordering is beslis nie met geld te koop nie.