Karakterprogram

Sewe karaktereienskappe maak deel van die karakterprogram wat deel van die ontwikkelingsprogram is uit – Betroubaar, Omgee, Regverdig, Verantwoordelik, Respek, Eienaarskap en Integriteit.

Ons program se hoofkarakters is bekende diersoorte vir die eenvoudige rede dat kinders vrymoediger toenadering tot diere vind. Diere se ingesteldheid van omgee is onvoorwaardelik en sonder enige voorbehoud. So ‘n verhouding skep die geleentheid vir suksesvolle kommunikasie veral waar emosionele gesondheid en ontwikkeling ter sprake is.

Elke karakterdier het ‘n musiekstuk wat gekomponeer is om hulle unieke fisiese bewegings weer te gee en sodoende ook aansluit by die luistervaardigheidsontwikkeling.

Betroubaar

Die Hond verteenwoordig betroubaar wees. Die kleur wat daaraan gekoppel word is die kleur blou. Die vorm is die vierkantvorm en die getal is 1 EEN.

Omgee

Die Renoster verteenwoordig omgee. Die kleur wat daaraan gekoppel word is rooi. Die vorm is die sirkelvorm en die getal is 2 TWEE.

Regverdig

Die Kameelperd verteenwoordig regverdig wees. Die kleur wat daaraan gekoppel word is oranje. Die vorm is die reghoek en die getal is 3 DRIE.

Verantwoordelik

Die Olifant verteenwoordig verantwoordelik wees. Kleur is groen. Die vorm is die ovaalvorm en die getal is 4 VIER.

Respek

Die Leeu verteenwoordig respek. Die kleur wat daaraan gekoppel word is geel. Die vorm is die driehoekvorm en die getal is 5 VYF.

Eienaarskap

Die Meerkat verteenwoordig eienaarskap. Die kleur wat daaraan gekoppel word is pers. Die vorm is ‘n hartvorm en die getal is 6 SES.

Integriteit

Die Duif verteenwoordig integriteit en is ‘n weerspieëling van ons geloof. Die kleur is seegroen. Die vorm is ‘n stêrvorm en binne-in is daar ‘n versteekte kruisvorm, lg. is ‘n direkte verwysing na ons Christelike geloof in God drie-enig: die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Die getal is 7 SEWE.